Wie ons is | Who we are

Uit die kantoor | From the office

Geagte besoeker

Welkom by Hoërskool Charlie Hofmeyr se webblad.

Dit is moeilik om die essensie van ’n skool kortliks saam te vat, maar ons hoop u sal daardie kern op hierdie blaaie ervaar. Ons is ’n skool met hart, waar mense werklik omgee. Teen die asemrowende agtergrond van die bergreekse wat ons vallei omring, kan kinders hul potensiaal bereik, in ’n veilige, gekoesterde omgewing.

Wie is ons?

  • Ons is ’n dubbelmedium, waardegedrewe skool wat sterk verhoudings met leerders, ouers, onderwysers en die gemeenskap koester.
  • Ons ligging is pragtig en veilig, met eersteklas geboue en uitstekende fasiliteite.
  • Ons bied leerders uitstaande geleenthede op akademiese, sport- en kultuurgebied. Met loopbaangerigte vakke soos gasvryheid, landbou en IT bly ons relevant en mededingend.
  • Ons fasiliteite en personeel gee leerders die ruimte om op elke gebied te groei en hul volle potensiaal te bereik.

Jacques Steyn
Waarnemende hoof

Dear visitor

Welcome to our website.

It is a difficult task to concisely capture the essence of a school, but we hope that you will be able to experience the core of who we are on these pages. We are a school with heart, where people really care. Against the backdrop of the majestic mountains that encircle our valley, children can realise their full potential – in a safe and enabling environment.

Who are we?

  • We are a dual-medium, values-driven school that fosters strong relationships with learners, parents, teachers, and the community.
  • Our location is beautiful and safe, with first-class buildings and excellent facilities.
  • We offer learners exceptional opportunities in academics, sports, and culture.
  • With career-oriented subjects we stay relevant and competitive.
  • Our facilities and staff provide learners the space to grow in all areas and reach their full potential.

Jacques Steyn
Acting principal

Geskiedenis | History

Tesame met die volgehoue opbloei van die kerngesonde ekonomie van die gemeenskap van Ceres, het die Hoërskool Charlie Hofmeyr ook konstante groei getoon, nie slegs in leerder- en personeelgetalle nie, maar ook in sy diensbaarheid teenoor die gemeenskap en in gestalte tussen die ander skole in hierdie deel van ons land.

Together with the sustained growth of the robust economy of the Ceres community, Charlie Hofmeyr High School has also shown constant growth – not only in learner and staff numbers but also in its service to the community and stature among the other schools in this part of our country.

  • 1860
  • 1865
  • 1895
  • 1918
  • 1920
  • 1949
  • 1955
  • 1969
  • 1972
  • 1980
  • 1994
  • 2006
  • 2018
  • 2020
  • 2021

Taalmedium | Language of instruction

Charlie Hofmeyr is ‘n dubbelmedium skool. Alhoewel slegs ‘n klein persentasie van die leerders Engelssprekend is, word daar met betrekking tot lesgee, handboeke, aantekeninge, vraestelle en omsendbriewe ruim voorsiening gemaak vir albei taalgroepe.

Ter wille van effektiewe sosiale inskakeling moet alle leerders ‘n funksionele kennis van Afrikaans hê. Ouers moet daarop let dat Afrikaans as vak slegs op Huistaal-vlak aangebied word, en alle leerders dus Afrikaans Huistaal moet neem.

Charlie Hofmeyr is a dual-medium school. Although only a small percentage of the learners are English-speaking, extensive provision is made for both language groups regarding teaching, textbooks, notes, exams, and circulars.

For effective social integration, all learners must have a functional knowledge of Afrikaans. Parents should note that Afrikaans is only offered at Home Language level, and therefore all learners must take Afrikaans Home Language.

Ons gedrag | Our conduct

Vedraagsaam dog beslis.
Fortiter in re, swaviter in modo.

’n Charlie word gerig in sy of haar gedrag deur ons skool se leuse. Die inhoud en gees van die leuse kan die beste beskryf word deur die woorde: “Wees sterk in jou saak, maar sag in jou manier.”

Hieruit vloei ons waardes en erekode.

A Charlie is guided in their behaviour by our school’s motto. The essence and spirit of the motto can best be described by the words: “Be firm in your convictions, but gentle in your approach.”

From this flows our values and code of honour.

Erekode | Code of Honour

Charlie Hofmeyr is gebou op die grondslag van ‘n Godsdienstige waardesisteem, soos verwoord in die Erekode wat in 1926 deur die matriekklas opgestel is.

Ons eerbiedig die Allerhoogste en al wat heilig is.
Ons staan by ons ouers deur dik en dun.
Ons strewe is karakter en nie blote kennis nie.
Ons handhaaf ons leuse, Verdraagsaam dog Beslis.
Ons krag is geleë in ons poging tot reinheid.
Ons glo daaraan om werksaam en selfstandig te wees.
Ons verfoei wat oneerlik, onbeleef en gemeen is.
Ons bly trou aan vriende en leer mekaar die goeie.
Ons waardeer en ondersteun ons skoolvereniginge.
Ons bemin ons skool en hou hoog sy tradisies.

Charlie Hofmeyr is built on the foundation of a religious value system, as expressed in the Code of Honour drawn up by the matric class of 1926.

We revere the Almighty and all that is sacred.
We stand by our parents through thick and thin.
Our aim is character, not mere knowledge.
We uphold our motto, Tolerant yet Firm.
Our strength lies in our pursuit of purity.
We believe in being industrious and independent.
We abhor what is dishonest, impolite, and mean.
We remain loyal to friends and teach one another the good.
We value and support our school associations.
We love our school and uphold its traditions.

Ons waardes | Our values

Earth

Respek
Respect

  • Ons behandel onsself, ander en dinge met waardigheid.
  • Ons respekteer die menswaardigheid, privaatheid en eiendom van ander.
  • Ons misbruik, mishandel, boelie of verneder niemand nie.
  • The respect we give others is a dramatic reflection of the respect we give ourselves.
  • Respect is the foundation for the Golden Rule: Do unto others as you would want others to do unto you.
Orange

Regverdigheid
Fairness

  • Ons tree konsekwent op en behandel almal dieselfde al is dit soms moeilik aangesien almal nie dieselfde behoeftes en persoonlikhede het nie.
  • Niemand word voorgetrek nie.
  • Die straf pas by die oortreding.
  • Almal kry ’n kans om hul saak te stel.
  • Fair doesn’t mean giving every child the same thing. It means giving every child what he or she needs. – Rick Lavoie.
Heart

Eerlikheid
Honesty

  • Ons leef in die waarheid en is opreg.
  • Ons jok nie, steel nie en kyk nie af nie.
  • We do what is right even when it is difficult.
  • Ons het integriteit – ons woorde en dade is in lyn met mekaar.
  • Ons hou ons word en is betroubaar.
  • Ons gee terug wat ons geleen het.
Tree

Verantwoordelikheid
Responsibility

  • Ons staan in vir wat ons doen en kies.
  • Ons maak nie altyd verskonings nie en blameer nie ander as dinge skeefloop nie.
  • Ons neem beheer van ons lewens en stel vir onsself realistiese doelwitte.
  • Ons is pligsgetrou, doen ons werk en maak klaar wat ons begin het.
  • We don’t shift the blame or steal the credit.
  • We know with great power comes great responsibility.
Stop

Self-dissipline
Self-discipline

  • Ons besef ons verantwoordelikhede en voer opdragte uit sonder om gepolisieër te word.
  • The difference between who we are and what we want to be, is what we DO.
  • Ons doen wat gedoen moet word, wanneer dit gedoen moet word, of ons daarvan hou of nie.
  • Ons oefen dit soos ’n spier elke dag deur dinge te doen wat nie altyd lekker is nie, maar wat gedoen moet word.
  • Ons kan nee sê wanneer ja nie goed of wys is nie.
Medal

Uitnemendheid
Excellence

  • Ons streef daarna om in alles wat ons doen ons beste te gee.
  • Excellence is not a skill; it is an attitude.
  • Ons werk met passie en deursettingsvermoë om ons doelwitte te bereik.
  • Ons vier elke tree van vooruitgang, want uitnemendheid gaan oor voortdurende verbetering.
  • Ons leer uit ons foute en is altyd op soek na geleenthede om te groei.
  • True excellence is found in the commitment to always push beyond our limits, inspiring others to do the same.

Skoollied | School song

Te midde van die prag
Van berg en hemeltrans,
‘n Dorpie aan die voet
Van menig gryse krans.
Die reuse kragte wek
‘n Krag weer in elk’ hart.
‘n Krag om te weerstaan
En elke hoon te tart.
Maar by dit alles soek
Ons na iets hoërs hier –
Die kennis, waar die mens
Die skepping mee versier.
Laat Ceres vrugbaar wees
Ook vir die jong verstand,
Dan roem ons steeds u naam
Deur gans ons vaderland.

Woorde: C.J. Hofmeyr (Skoolhoof, 1918 – 1924)
Komponis: J.A. Conradie

Luister | Listen

by C.J. Hofmeyr | J.A. Conradie

Skooldrag | Uniform

’n Charlie verteenwoordig die skool met trots deur ons uniform te dra.

A Charlie is proud to represent the school by wearing our uniform.

Skooltye | School hours

Grades Days Time
Grade 8 and 9 Mondays to Thursdays 07:30 to 13:20
Fridays 07:30 to 12:55
Grade 10 to 12 Mondays to Thursdays 07:30 to 14:00
Fridays 07:30 to 13:30
Copyright © 2025 Charlie Hofmeyr. All Rights Reserved.

Website design & maintenance by LemonSalt Design + Print