Sport
’n Gesonde liggaam kweek ’n gesonde gees. By Charlie Hofmeyr glo ons dat die beoefening van sport ’n sentrale element in ’n gebalanseerde jongmens se lewe uitmaak en streef daarna om soveel as moontlik opsies te bied sodat elke leerder hom- of haarself kan uitleef.
A healthy body fosters a healthy mind. At Charlie Hofmeyr, we believe that participation in sports is a central element in a balanced young person’s life, and we strive to offer as many options as possible so that every learner can express themselves fully.
Missie en sportetiek | Mission and sport ethics
Ons missie:
- Om leerders die geleentheid te bied vir deelname aan en prestasie in sportaktiwiteite en sodoende by te dra tot die totale opvoeding van die leerder.
- Om soveel moontlik leerders te betrek by die buitemuurse sportprogram.
- Om gekwalifiseerde afrigters, skeidsregters, beamptes en goed-afgerigte deelnemers te bewerkstellig.
- Om voldoende fasiliteite daar te stel vir die beoefening van sport.
- Om so te presteer dat die sportprogram ‘n bydrae maak tot die bemarking van die skool en karakterontwikkeling van ons leerders.
Our Mission:
- To provide learners with opportunities to participate and excel in sports activities, thereby contributing to their holistic education.
- To involve as many learners as possible in the extracurricular sports program.
- To develop qualified coaches, referees, officials, and well-rounded participants through the sport activities we offer.
- To establish adequate facilities for the practice of sports.
- To perform at a level where the sports program contributes to promoting the school and fostering the character development of our learners.
Sportetiek | Sport ethics
As Charlies sportmanne en –vroue sal ons :
- onsself verbind tot die sportsoort vir die hele seisoen.
- te alle tye so optree dat dit tot eer van die skool en gemeenskap sal wees sowel as tot die gesonde uitbouing van ons volle potensiaal.
- die korrekte kleredrag by byeenkomste, kompetisies en tydens wedstryde dra.
- die beslissings van skeidsregters en beamptes respekteer en as finaal aanvaar.
- stiptelik wees in die bywoon van sportaktiwiteite, oefeninge, byeenkomste en vergaderings.
geen vuiltaal en onsportiewe opmerkings gebruik nie. - in nederigheid ons prestasies koester en dit as ‘n uitdaging aanvaar vir steeds hoër standaarde.
- met nederigheid wen en met grasie verloor.
- te alle tye met selfdissipline, sportmangees, entoesiasme en verantwoordelikheid sport beoefen tot die beste van ons vermoë.
- in spanverband met ons maats saamwerk.
As Charlie sportsmen and -women, we will:
- Commit ourselves to our chosen sport for the entire season.
- Always conduct ourselves in a manner that brings honour to the school and community, while fostering the healthy development of our full potential.
- Wear the correct attire at events, competitions, and during matches.
- Respect the decisions of referees and officials and accept them as final.
- Be punctual in attending sports activities, practices, events, and meetings.
- Refrain from using foul language or making unsportsmanlike remarks.
- Cherish our achievements with humility and embrace them as challenges to strive for even higher standards.
- Win with humility and lose with grace.
- Always participate in sports with self-discipline, sportsmanship, enthusiasm, and responsibility to the best of our ability.
- Work together as a team with our peers.
Oor die koordineerder | About the coordinator
Ons wil ‘n geleentheid vir elke leerder skep en deelname bevorder. Dit is die doel waarna ons streef by Charlie Hofmeyr. As sportkoördineerder by die skool werk ons hard om ’n noue band met elke kodehoof te bou en behou. Goeie kommunikasie bly altyd deel van sukses.
My naam is JR Foreman en ek is vanaf Oktober 2021 ’n trotse Charlie.
Ek is afkomstig van die Oos-Kaap waar ek ’n Diploma in Sportbestuur by NMMU in Gqeberha behaal het. Ek was betrokke in my praktiese tydperk by verskeie hoër- en laerskole asook sportakademies. In 2017-2019 was ek sportbestuurder by Hoërskool Cradock en vanaf 2019, tot 2021, was ek as Hoof van Sport by Hoërskool Punt in Mosselbaai. Sport is my passie. My hoofkode is Rugby en ek is ook by atletiekafrigting betrokke. Hier by Charlie Hofmeyr sal u kind ‘n sporttuiste vind waar hy of sy kan groei en presteer.
James Robert Foreman

We aim to create opportunities for every learner and promote participation. This is the goal we strive for at Charlie Hofmeyr. As the school’s sports coordinator, I work hard to build and maintain a close relationship with each head of code. Good communication is always part of success.
My name is JR Foreman, and since October 2021, I have been a proud Charlie.
I hail from the Eastern Cape, where I obtained a Diploma in Sports Management at NMMU in Gqeberha. During my practical training, I was involved with various high and primary schools as well as sports academies. From 2017 to 2019, I served as the sports manager at Hoërskool Cradock, and from 2019 to 2021, I was the Head of Sports at Hoërskool Punt in Mossel Bay. Sport is my passion. My main code is rugby, and I am also involved in athletics coaching. Here at Charlie Hofmeyr, your child will find a sporting home where they can grow and excel.
James Robert Foreman

Interskole | Interschools
’n Hoogtepunt op die Charlie-kalender is die jaarlikse interskole teen Hoërskool Robertson. ’n Hele aantal van ons sportkodes neem aan dié dag deel en die gees wat heers is die verpersoonliking van hoe ’n Charlie sport aanpak.
A highlight on the Charlie calendar is the annual interschools event against Robertson High School. Several of our sports codes participate on this day, and the spirit that prevails perfectly embodies how Charlie approaches sports.
Sportkodes | Sporting codes

Hokkie
Hockey

Rugby

Swem
Swimming

Gholf
Golf

Netbal
Netball

Skaak
Chess

Tennis

Krieket
Cricket

Atletiek
Athletics

Noodhulp
First Aid

Pom-Poms
Pom Poms

Ander
Other
By Charlie Hofmeyr is ons trots op ons wêreldklas astrobaan. Die astro maak die ontwikkeling van hierdie sportsoort van ‘n veel hoër gehalte en bied ook aan ons leerders die beste moontlike ontwikkelingsgeleenthede. Die vaardighede wat die spelers hierdeur aanleer, maak dat Charlie Hofmeyr suksesvol met skole kan meeding wat baie groter as ons skool is.
Ons is ook die aanbieders van die jaarlikse Charlie Hofmeyr Hokkietoernooi gesamentlik met Elsie Coetzer Hokkieskool. Hierdie toernooi vind elke jaar tydens die Maart-skoolvakansie plaas. Hierdie spoggeleentheid lok skole van regoor die land. Dit bied nie net aan hulle die geleentheid vir goeie afrigting en opleiding as skeidsregters nie, maar hulle speel ook wedstryde teen skole wat hulle nie gewoonlik mee kompeteer nie. Die toernooi het in 2018 afgeskop en die belangstelling en gehalte groei van jaar tot jaar. Spanne bly in die koshuise vir die duur van die toernooi en ‘n lekker feestelike atmosfeer word by die toernooi vir die besoekers geskep.
By Charlie Hofmeyr is ons trots op ons wêreldklas astrobaan. Die astro maak die ontwikkeling van hierdie sportsoort van ‘n veel hoër gehalte en bied ook aan ons leerders die beste moontlike ontwikkelingsgeleenthede. Die vaardighede wat die spelers hierdeur aanleer, maak dat Charlie Hofmeyr suksesvol met skole kan meeding wat baie groter as ons skool is.
Ons is ook die aanbieders van die jaarlikse Charlie Hofmeyr Hokkietoernooi gesamentlik met Elsie Coetzer Hokkieskool. Hierdie toernooi vind elke jaar tydens die Maart-skoolvakansie plaas. Hierdie spoggeleentheid lok skole van regoor die land. Dit bied nie net aan hulle die geleentheid vir goeie afrigting en opleiding as skeidsregters nie, maar hulle speel ook wedstryde teen skole wat hulle nie gewoonlik mee kompeteer nie. Die toernooi het in 2018 afgeskop en die belangstelling en gehalte groei van jaar tot jaar. Spanne bly in die koshuise vir die duur van die toernooi en ‘n lekker feestelike atmosfeer word by die toernooi vir die besoekers geskep.
Spanne | Teams
Charlie Hofmeyr beskou rugby as ‘n harde kontaksport wat met baie respek gespeel moet word. Ons speel teen verskeie sterk skole in die land en maak seker dat ons die talente van elke rugbyspeler in die skool ten volle ontwikkel. Goeie, gespesialiseerde afrigting en waardes by die sport is vir die skool baie belangrik.
- Ons 1ste rugbyspan neem jaarliks aan die Oakdale Rugbyfees en CWL Baard-dag deel.
- Ons o.15-span neem ook aan die Frans Malherbe fees, wat aangebied word by HJS Paar, deell.
- Die o.16-span toer ook jaarliks. Hier kry ons seuns ook goeie blootstelling en die geleentheid om teen nuwe opponente kragte te meet.
- Ons o.14- tot o.19 spanne toer ook na Riversdal en Oudtshoorn waar ons spanne die geleentheid kry om saam bande te bou.
Ons skool is ook baie bevoorreg om jaarsliks provinsiale spelers op verskeie vlakke te lewer. Tydens 2023/2024 se seisoen het ons ook n nasionale vertegenwoordiger gehad by die SA o.18 7s en SA Skole A-span.
Charlie Hofmeyr regards rugby as a tough contact sport that must be played with great respect. We compete against some of the strongest schools in the country and ensure that the talents of every rugby player at the school are fully developed. Quality, specialised coaching and strong values in the sport are very important to us.
- Our 1st rugby team participates annually in the Oakdale Rugby Festival and the CWL Baard Day.
- Our u.15 team competes in the Frans Malherbe Festival, hosted by HJS Paarl.
- The u.16 team also tours annually, giving our boys excellent exposure and the opportunity to measure their skills against new opponents.
- Our u.14 to u.19 teams tour to Riversdale and Oudtshoorn, where the players have the chance to build strong bonds as a team.
The school is privileged to deliver provincial players at various levels each year. During the 2023/2024 season, we were proud to have a national representative in the SA u.18 7s team and the SA Schools A team.
Spanne | Teams
Die skool se swemafrigter, meneer Taetse Smith, bied afrigting aan leerders wat nie net in galas wil deelneem nie, maar ook dié wat hul swemvaardighede wil verbeter of bloot vir die lekkerte wil oefen. Swemoefeninge vind plaas in ons dorp se 50-meter (Olimpiese standaard) swembad, wat groot genoeg is om ‘n aansienlike aantal leerders te akkommodeer. Ons moedig leerders aan om tweekamp te oorweeg – ’n sport wat swem en hardloop kombineer. Hierdie aktiwiteit word ook deur meneer Smith aangebied. Charlies is verder bevoorreg om met die kundige buite-afrigter Natasha van der Berg saam te werk. Natasha, wat haar eie swemklub bestuur, skakel gereeld met Charlies se swemoefeninge in. Sy bied ook afrigting aan leerders wat kompeterende deelname nastreef en help hulle om hul volle potensiaal te bereik.
Die swemseisoen strek van Januarie tot April en weer van Oktober tot November.
Elke jaar hou ons ‘n kleure-gala waar Charlies se leerders teen mekaar meeding, en ons poog ook om aan soveel moontlik uitnodigingsgalas deel te neem. Swem is by Charlies meer as net ‘n sport – dit is ‘n viering van talent en samehorigheid.
The school offers coaching to learners who want to participate in galas, but also those who want to improve their skills or participate in the sport for exercise.
Practice takes place in the town’s Olympic-standard 50-meter swimminf pool, which is big enough to accommodate a large number of swimmers. We encourage learners to consider duathlon – combining the disciplines of swimming and running. We are privileged to be able to collaborate with and have access to the experise of external expert swimming coach, Natasha van der Berg. Natasha, who has her own swimming club, often joins Charlie Hofmeyr swimming practice session. She also offers coaching to learners who want to compete at a higher level.
Swimming season is from January to April and again from
October to November.
Every year we host a gala where learners compete against each other. We also accept invitations to other competitions.
Charlie Hofmeyr spog met ‘n hele paar gholfspelers wat aan die skoleliga deelneem aan die begin van elke jaar. Ons het ook twee spanne wat die afgelope drie jaar ons Interskole teen Robertson gewen het.
Ons skool is reg langs die gholfbaan geleë wat dit baie toeganklik vir ons gholfspelers maak.
Die goeie vennootskap wat ons met die bestuur van die gholfbaan het, maak dit ook moontlik vir ons leerders om weeklikse toegang tot die baan te hê en te verseker dat hulle voordurend spel van goeie gehalte lewer.
Charlie Hofmeyr boasts a number of talented golfers who participate in the schools’ league at the start of each year. We are also proud to have two teams that have won our Interschools competition against Robertson for the past three years.
Our school is conveniently located right next to the golf course, making it easily accessible for our golfers.
The strong partnership we have with the golf course management ensures that our learners have weekly access to the course, allowing them to consistently deliver high-quality play.
Met 21 netbalspanne en ongeveer 160 meisies wat hierdie sport beoefen, is netbal die sportsoort waaraan die meeste meisies in die skool deelneem. By Charlie Hofmeyr maak ons seker dat die meisies goeie afrigting sowel as geleenthede ontvang.
Daar word gereeld afrigtingsklinieke en toernooie vir die spelers gereël om seker te maak hul spel bly op ‘n goeie standaard. Spesialis-afrigting is vir ons baie belangrik sowel as die deurlopende ontwikkeling van die meisies.
Charlie Hofmeyr spog jaarliks met verskeie Kaapse Wynland- en Wes-Kaap-spelers.
With 21 netball teams and approximately 160 girls participating, netball is the most popular sport among girls at Charlie Hofmeyr. We ensure that our players receive quality coaching and ample opportunities to grow and excel in the sport.
Regular coaching clinics and tournaments are organized to maintain a high standard of play. Specialized coaching and the ongoing development of our players are key priorities for us.
Charlie Hofmeyr proudly produces several Cape Winelands and Western Cape players each year.
Spanne | Teams
Ons het ’n groot groep skaakspelers. Die skaakgroep beskik oor ’n seuns- en dogterspan. Baie wedstryde word ook deur ’n gemengde span gespeel.
Die skaak spog met spelers wie jaarliks vir Witzenberg by die Top Skole-kompetisie verteenwoordig. Verskeie skaakspelers is deel van die Kaap Wynland Skoleskaakspan wat aan die Wes-Kaap Skoleskaakproewe deelneem.
Die Skaakspan neem jaarliks deel aan die Boys High Skaaktoernooi. Hier kry ons spelers goeie blootstelling om teen sterk opponent uit verskillende provinsies kragte te meet.
Ons skaakspelers oefen drie keer per week waar spesiale aandag aan beginner-, intermediêre- en gevorderde spelers gegee word.
We have a large group of chess players, comprising both a boys’ and a girls’ team. Various matches are also played by a mixed team.
Our chess program is proud to have players who annually represent Witzenberg at the Top Schools competition. Several of our chess players are part of the Cape Winelands Schools Chess Team, which participates in the Western Cape Schools Chess Trials.
The chess team competes annually in the Boys’ High Chess Tournament, where our players gain valuable exposure and the opportunity to test their skills against strong opponents from different provinces.
Our chess players train three times a week, with special attention given to beginner, intermediate, and advanced players.
Ons bied vir al ons leerders die geleentheid om aan tennis deel te neem. Hierdie seisoen strek gewoonlik oor kwartale 1, 3 en 4. Ons spelers ontvang professionele afrigting sowel as individuele aandag. Ons neem ook jaarliks met die skool se top 6 meisies aan die Agnus Pauw-tennistoernooi deel.
Ons tennisspanne neem jaarliks aan verskeie ander toernooie deel, soos die Boland Lanbou- en ook die T4J-tennistoernooi.
We offer all our learners the opportunity to participate in tennis, with the season usually spanning terms 1, 3, and 4. Our players receive professional coaching as well as individual attention. Each year, our top six girls compete in the Agnus Pauw Tennis Tournament.
Our tennis teams also participate annually in various other tournaments, such as the Boland Agriculture and T4J Tennis Tournaments.
Die krieketseisoen by Charlie Hofmeyr is ’n baie besige tyd.
Charlies se o.19A- en o.15A-span speel in die Boland Naweekliga waar wedstryde oor 50 boulbeurte beslis word. Ons o.19B- (Drake) en o.15B-span speel weekwedstryde in die Witzenberg- sowel as Noord-Bolandliga.
Ons Eerstespan word afgerig deur mnr. Mike Barnard en ons maak ook gebruik van die dienste van oud-Proteaspeler, Martin van Jaarsveld, om ons spelers te help slyp.
Die Eerstespan neem jaarliks deel aan die HS Punt-krieketfees op Mosselbaai gedurende die September-vakansie. Ons neem ook voor die begin van die eerste kwartaal aan ‘n krieketfees deel. Vanaf 2025 word die Charlie Hofmeyr Krieketfees aangebied waartydens kragte gemeet word teen HS Bellville, HS Durbanville en HS Stellenberg.
Charlies spog jaarliks met talle spelers wat in Witzenberg-spanne opgeneem word om aan Boland-streekwedstryde deel te neem. Die skool lewer ook gereeld provinsiale spelers op wat vir Boland-spanne gekies word.
The cricket season at Charlie Hofmeyr is a very busy time.
Charlie’s U19A and U15A teams compete in the Boland Weekend League, with matches decided over 50 overs. Our U19B (Drake) and U15B teams participate in weekday matches in both the Witzenberg and North Boland leagues.
Our First Team is coached by Mr. Mike Barnard, and we also benefit from the expertise of former Proteas player Martin van Jaarsveld, who helps refine our players’ skills.
The First Team participates annually in the HS Punt Cricket Festival in Mossel Bay during the September holidays. Before the start of the first term, we also take part in another cricket festival. Starting in 2025, the Charlie Hofmeyr Cricket Festival will be hosted, where we will compete against HS Bellville, HS Durbanville, and HS Stellenberg.
Charlie proudly boasts numerous players each year who are selected for Witzenberg teams to compete in Boland regional matches. The school also consistently produces provincial players who are chosen for Boland teams.
Spanne | Teams
Ons atletiek volg nie net die somerseisoen nie, maar baie van ons leerders is ook gedurende die winter besig met ’n winterseisoen-oefenprogram. Ons bied jaarliks ’n kleuresportbyeenkoms sowel as ’n interklasbyeenkoms aan.
Die jaarlikse hoogtepunt is ons Interskole Atletiekbyeenkoms tussen Hoërskool Charlie Hofmeyr, Hoërskool Worcester Gimnasium, Hoërskool Jan van Riebeeck, Fishhoek High School, Hoërskool Dirkie Uys en Hoërskool Stellenbosch. Charlie Hofmeyr was ook die trotse wenners van die Interskole-beker in 2020 en 2022.
Spesialis-afrigting by elke item wat deur die skool aangebied word, is vir ons van kardinale belang.
Ons skool lewer jaarliks leerders op wat Boland by die Wes-Kaap Kampioenskappe verteenwoordig, en selfs ook atlete wat verder deurdring na SA Hoërskool Kampioenskappe.
Our athletics program is not limited to the summer season; many of our learners also participate in a winter-season training program. Each year, we host a color sports event as well as an interclass competition.
The annual highlight is our Interschools Athletics Competition between Charlie Hofmeyr High School, Worcester Gymnasium High School, Jan van Riebeeck High School, Fish Hoek High School, Dirkie Uys High School, and Stellenbosch High School. Charlie Hofmeyr was the proud winner of the Interschools Trophy in 2020 and 2022.
Specialist coaching for every event offered by the school is of critical importance to us.
Each year, our school produces learners who represent Boland at the Western Cape Championships, and even athletes who advance further to the South African High School Championships.
Spanne | Teams
Noodhulp by Hoërskool Charlie Hofmeyr word as ’n baie hoë prioriteit geag. Aan die begin van elke jaar doen ons Noodhulpspan ’n noodhulpkursus. Die helfte van die span is vlak 1 opgelei en die ander helfte van die span vlak 2. Ons het elke jaar om en by 30 leerders wat in die span is. Hulle is verantwoordelik vir noodhulp van alle tuis sportdae. Hulle word in skofte opgedeel en werk dan gewoonlik 1 of 2 skofte van 1 uur lank. Met hulle rooi gazebo en baadjies lyk hulle elke naweek onmisbaar mooi en professioneel.
Nie net is jy deel van ’n span wat elke Saterdag die sportspanne bystaan nie, maar jou noodhulpsertifikaat is geldig vir 3 jaar en kan op jou CV gesit word. Noodhulp is soms ’n uitdagende en ondankbare werk, maar as jy dit vir die regte redes doen sal jy dit beslis geniet en soveel genot daaruit put. Toewyding is beslis ’n noodhulpwaarde wat hoog op prys gestel word.
First Aid at Charlie Hofmeyr High School is regarded as a very high priority. At the start of each year, our First Aid team completes a first aid course. Half of the team is trained at Level 1, and the other half at Level 2. Each year, we have around 30 learners who are part of the team. They are responsible for providing first aid at all home sports days. The team is divided into shifts, usually working 1 or 2 shifts of one hour each. With their red gazebo and jackets, they look indispensable, neat, and professional every weekend.
Not only are you part of a team that supports the sports teams every Saturday, but your first aid certificate is valid for three years and can be added to your CV. First aid is sometimes a challenging and thankless job, but if you do it for the right reasons, you will definitely enjoy it and find great satisfaction in it. Dedication is certainly a first aid value that is highly appreciated.
Ons skool se Pom Poms-span is ‘n dinamiese en energieke groep atlete wat passievol is oor die ondersteuning van ons spanne, die bou van skool trots en die inspirasie van die hele skoolgemeenskap. Bekend vir hul unieke optredes, presiese toertjies en kragtige aanmoediging, bring hulle opwinding en eenheid na vele sportgeleenthede en skool geleenthede.
Trots om ons skoolkleure van blou en wit te dra, lig hulle die gees van ons skool en verteenwoordig ons waardes met trots. Die span werk hard deur die jaar, oefen hul roetines en verfyn hul vaardighede om keer op keer ‘n vertoning van hoë gehalte na vore te bring.
Ons Charlie Pom Poms is die hart van skoolgees, wat trots en eenheid deur die jaar bevorder terwyl hulle blou en wit trots in alles wat hulle doen, vertoon.
Our school’s Pom Poms team is a dynamic and energetic group of athletes who are passionate about supporting our teams, building school pride, and inspiring the entire school community. Known for their unique performances, precise stunts, and powerful cheerleading, they bring excitement and unity to many sports events and school functions.
Proudly wearing our school colours of blue and white, they uplift the spirit of our school and represent our values with pride. The team works hard throughout the year, practising their routines and refining their skills to consistently deliver a high-quality performance.
Our Charlie Pom Poms are the heart of school spirit, promoting pride and unity throughout the year while displaying blue and white pride in everything they do.
Die volgende buitesporte word geakkommodeer en aan erkenning gegee:
- Fietsry
- Perdry
- Tweekamp
- Jeugskou
- Gimnastiek
- Skyfskiet
- Muurbal
- Liggaamsbou
- Motorfiets
- Karate
The following extracurricular sports are accommodated and recognized:
- Cycling
- Equestrian
- Duathlon
- Youth Agricultural
- Show Gymnastics
- Clay Target Shooting
- Squash
- Bodybuilding
- Motorcycling
- Karate
Navrae
Enquiries
Sport Nuus | Sport News
Charlies ranks in top 30 of Top Co-ed Sport Schools for 2024
SASchoolSports.co.za recently brought out their latest list of top sporting Co-ed schools in the...

Contact
Van Riebeeckstraat, Ceres, 6835
Click to view in Google Maps
+27(0)23 312 1130
admin@charlie.org.za
Legal
Privacy Policy
Cookie Policy
Website design & maintenance by LemonSalt Design + Print