Koshuise | Boarding
Ons koshuise, Huis Wouter Malan (dogters) en Huis McDonald (seuns), bied akkommodasie vir tot 178 leerders, en skep ’n veilige, ondersteunende tuiste waar hulle kan groei en blywende herinneringe bou. Die koshuise se waardegedrewe bestuur fokus op karakterbou en moraliteit, en rus leerders toe met selfvertroue en verantwoordelikheid om die toekoms met oortuiging aan te pak.
Vir ouers van landelike gemeenskappe bied Charlie Hofmeyr ’n uitstekende hoërskoolopsie in die veilige omgewing van ’n kleiner dorp, terwyl leerders steeds toegang tot geleenthede en ondersteuning kry wat hul help om hul volle potensiaal te bereik. Van ontspanningsaande en koshuisdinees tot aktiwiteite wat kameraadskap bevorder, leef hierdie koshuise die kernwaardes uit wat ons skool definieer.
Huis McDonald streef daarna om “Manne van karakter” te bou, terwyl Huis Wouter Malan se unieke atmosfeer help om selfstandige en gebalanseerde jong vroue te kweek. Saam skep hierdie koshuise ’n tuiste weg van die huis wat ouers gerus laat en leerders inspireer.
Die koshuislosiesgeld word jaarliks in Oktober/November op ‘n ouervergadering vasgestel en is betaalbaar op die eerste skooldag van die kwartaal.
Our boarding houses, Huis Wouter Malan (for girls) and Huis McDonald (for boys), accommodate up to 178 learners, providing a safe, supportive home where they can grow and create lasting memories. The value-driven management of the hostels focuses on character building and morality, equipping learners with confidence and responsibility to face the future with conviction.
For parents from rural communities, Charlie Hofmeyr offers an excellent high school option in the safe environment of a small town, while learners still have access to opportunities and support to help them reach their full potential. From recreational evenings and hostel dinners to activities that promote camaraderie, these hostels embody the core values that define our school.
Huis McDonald strives to nurture “Men of Character,” while Huis Wouter Malan’s unique atmosphere helps develop independent and balanced young women. Together, these hostels create a home away from home that reassures parents and inspires learners.
Hostel fees are determined annually at a parent meeting in October/November and is payable on the first day of every term.

Contact
Van Riebeeckstraat, Ceres, 6835
Click to view in Google Maps
+27(0)23 312 1130
admin@charlie.org.za
Legal
Privacy Policy
Cookie Policy
Website design & maintenance by LemonSalt Design + Print