Nuus | News

Klub Charlie bied sy eerste dans aan

Feb 6, 2025

11 Oktober hierdie jaar was die Ceres Rugbyklub die plek om te wees vir Klub Charlie se eerste dansgeleentheid. Die dans is in samewerking met die Rugbyklub aangebied.

Die sowat 120 gaste is getrakteer met ‘n heerlike burger- en chips-ete en die joligheid het tot laataand geduur.

Klub Charlie is die skool se ondersteunersklub wat in 2023 tot stand gekom. Hierdie klub word onafhanklik en in samewerking met die skool en SBL bestuur en die hoop is om elke jaar ‘n dans aan te bied.

Klub Charlie se hoofdoel is om deur middel van klubvergaderings en -projekte ‘n samehorigheidsgevoel onder Charlie-ouers/-ondersteuners te bewerkstellig.

Kliek hier om meer uit te vind van die klub en sy werksaamhede.