Geestelik| Spiritual
Ons skep ‘n omgewing waar ons leerders emosioneel en geestelik kan floreer. By Charlie Hofmeyr glo ons in balans – tussen akademiese uitnemendheid, sportprestasies en sosiale ontwikkeling. ‘n Gesonde geestestoestand lê aan die hart van hierdie sukses, en ons ondersteun ons leerders om hul volle potensiaal te bereik.
We create an environment where our learners can thrive emotionally and spiritually. At Charlie Hofmeyr, we believe in balance – between academic excellence, sporting achievements, and social development. A healthy state of mind is at the heart of this success, and we support our learners in reaching their full potential.
Koffiekroeg
Die Koffiekroeg is ‘n heerlike weeklikse sosiale samekoms vir Charlie Hofmeyr leerders, waar die Here geloof en geprys word en ‘n geestelike boodskap gelewer word.
Die aand word gebruiklik met koffie, koekies en koeldrank (in die hitte van Ceres se somers) afgesluit. Senior leerders kan hier ook betrokke raak deur aan te sluit by die koffiekroegkomitee. Let wel, dat daar reeds ‘n komitee vir 2025 gestig is.
Koffiekroeg word ook ondersteun deur drie van die gemeenskap se gemeentes:
NG Ceres Moedergemeente
NG Ceresvallei
NG Prins Alfred’s Hamlet
The Koffiekroeg is a wonderful weekly social gathering for Charlie Hofmeyr learners, where the Lord is worshipped and praised, and a spiritual message is shared.
The evening traditionally ends with coffee, cookies, and cold drinks – especially refreshing in the heat of Ceres’ summers. Senior learners can also get involved by joining the Koffiekroeg committee. Please note that a committee for 2025 has already been established.
The Koffiekroeg is supported by three local congregations:
NG Ceres Moedergemeente
NG Ceresvallei
NG Prins Alfred’s Hamlet
Mentorprogram | Mentor programme
Die Charlie Hofmeyr Mentorprogram is ontwerp om nuwe graad 8-leerders te ondersteun en te help integreer in die skoolgemeenskap. Senior leerders wat as mentors aangestel word, speel ‘n belangrike rol in die leiding en begeleiding van die graad 8’s.
Doelwitte van die Mentorprogram:
- Ondersteuning en leiding: Help graad 8’s om aan te pas by die akademiese en sosiale aspekte van hoërskoollewe.
- Tradisies en kultuur: Vestig en bevorder die trots en waardes van die skool.
- Rolmodelle: Dien as positiewe voorbeelde deur verantwoordelikheid, respek en spanwerk te toon.
Mentors verseker dat nuwe leerders hul voete vinnig vind en gemaklik voel, terwyl hulle aktief help om die skool se tradisies en unieke kultuur lewendig te hou.
The Charlie Hofmeyr Mentor Programme is designed to support and help integrate new Grade 8 learners into the school community. Senior learners appointed as mentors play a crucial role in guiding and assisting the Grade 8s.
Objectives of the Mentor Programme:
- Support and guidance: Help Grade 8s adapt to the academic and social aspects of high school life.
- Traditions and culture: Establish and promote the pride and values of the school.
- Role models: Serve as positive examples by demonstrating responsibility, respect, and teamwork.
Mentors ensure that new learners quickly find their footing and feel comfortable while actively helping to uphold the school’s traditions and unique culture.

Contact
Van Riebeeckstraat, Ceres, 6835
Click to view in Google Maps
+27(0)23 312 1130
admin@charlie.org.za
Legal
Privacy Policy
Cookie Policy
Website design & maintenance by LemonSalt Design + Print