Tuis

Welkom by Hoërskool Charlie Hofmeyr

Agtergrond

Die skool het in 1860 begin as “Eerste Klas Publieke Skool” en is gehuisves in die ou gebou in Phillipstraat.  Volgens die register was daar in Januarie 1899 18 seuns en 17 dogters op die rol.

In 1919 het die Administrateur van die Kaapprovinsie, Sir Frederick de Waal, 9 000 pond bewillig vir die oprigting van ‘n nuwe gebou vir die hoërskoolstanderds. Bouwerk het in 1920 begin en op 17 Maart 1921 is die nuwe Hoërskool Ceres in Van Riebeeckstraat deur die Superintendent-generaal van Onderwys in Kaapland, dr. W.J. Viljoen, ingewy.  Dit het bestaan uit ‘n skoolhoof-kantoor, personeelkamer, vyf klaskamers en afsonderlike kleedkamers vir die seuns en dogters.  Die skoolhoof op daardie stadium en na wie die skool later vernoem is, was mnr. C.J. Hofmeyr wat Engels, Geskiedenis en Latyn gegee het. 

Verdere aanbouings aan die oorspronklike gebou het met die verloop van jare gevolg waarvan die belangrikste die skoolsaal was wat op 29 Februarie 1980 deur die Direkteur van Onderwys in Kaapland, mnr. P.S. Meyer, geopen is.

https://www.charlie.org.za/images/whek-r.jpg

Tesame met die volgehoue opbloei van die kerngesonde ekonomie van die gemeenskap van Ceres, het die Hoërskool Charlie Hofmeyr ook konstante groei getoon, nie slegs in leerder- en personeelgetalle nie, maar ook in sy diensbaarheid teenoor die gemeenskap en in gestalte tussen die ander skole in hierdie deel van ons land.

Borge

TC current dark 600
Nexus Logo Variasies-01
CG Logo
CFG Logo
AECI plant health logo
A5LOGO01CTP
upload_Branch_190x190