Krieket

Die krieketseisoen by Charlie Hofmeyr is ‘n baie besige tyd.

Charlies se o.19A- en o.15A-span speel in die Boland Naweekliga waar wedstryde oor 50 boulbeurte beslis word.  Ons o.19B- (Drake) en o.15B-span speel weekwedstryde in die Witzenberg- sowel as Noord-Bolandliga. 

Ons Eerste span word afgerig deur mnr Mike Barnard en ons maak ook gebruik van die dienste van oud-Proteaspeler, Martin van Jaarsveld, om ons spelers te help slyp.

Die Eerste span neem jaarliks deel aan die Punt-krieketfees op Mosselbaai gedurende die September-vakansie.  Die span het aan die begin van 2023 ook ‘n uitnodiging ontvang om aan die Paarl Gimnasium Krieketfees deel te neem waar hulle onder andere kragte gemeet het teen Rondebosch BHS en Wynberg BHS.

Charlies spog jaarliks met talle spelers wat in Witzenberg-spanne opgeneem word om aan Boland-streekwedstryde deel te neem.  Die skool lewer ook gereeld provinsiale spelers op wat vir Boland en/of Wes-Kaap spanne gekies word.

Terug na Sport