Taalmedium

Charlie Hofmeyr is ‘n dubbelmedium skool. Alhoewel slegs ‘n klein persentasie van die leerders Engelssprekend is, word daar met betrekking tot lesgee, handboeke, aantekeninge, vraestelle en omsendbriewe ruim voorsiening gemaak vir albei taalgroepe.

Ter wille van effektiewe sosiale inskakeling moet alle leerders ‘n funksionele kennis van Afrikaans hê. Ouers moet daarop let dat Afrikaans as vak slegs op Huistaal-vlak aangebied word, en alle leerders dus Afrikaans Huistaal moet neem.